Die vierde slagoffer van Dr. CF Visser Primêre Skool is steeds in ’n koma.
Maroela Media berig dat die ongeluk tussen twee voertuie by die Aljo’s Spar-verkeerslig op Bloemfontein se Lughawepad ses beseerdes aan WR Med gelewer het.
LEES MEER: Ongeluk neem kinderlewens vanaf Bloemfontein gemeenskap
Twee leerlinge van Dr. CF Visser is op die toneel oorlede, terwyl nog vier slagoffers hospitaal toe geneem is, twee met kritieke beserings en twee met matige beserings.
’n Derde leerling is by die hospitaal oorlede, terwyl die vierde, Tennique Joubert, steeds in ’n koma is ná ’n lang operasie.
Dr. CF Visser se skoolhoof, Riekie Venter, vra dat lede van die gemeenskap vir Joubert se ouers bid.
Talle skole wys hul ondersteuning deur foto’s van die oorlede kinders op hul Facebook bladsye te deel.
1 Comment
Comments are closed.