‘n Vermeende Bloemfonteinse verkragter en moordenaar is deur die Botshabelo-taakspan in hegtenis geneem.
Luidens ‘n mediaverklaring volg die inhegtenisname na die verdagte glo ‘n 30-jarige vrou herhaaldelik vir dae lank by Section E, in Botchabelo – Bloemfontein, verkrag het.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat hy glo ook ‘n 34-jarige vrou vermoor het wat sy woning probeer verlaat het naday hy glo vir die twee slagoffers wyn gegee het.
Die verdagte sal eersdaags in die Botshabelo-landdroshof op aanklagte van verkragting en moord verskyn.