Die Bloemfonteinse landdroshof het ‘n lasbrief vir die inhegtenisname van Mamokete Jeminah Koloti uitgereik. Die 49-jarige vrou word in verband met ‘n saak van ontvoering, roof, nabootsing van die polisie asook afpersing gesoek.
Enige lid van die publiek wat die polisie kan help om Mamokete Jeminah Koloti op te spoor, word versoek om Kaptein David Ramasoala by 082 468 1624 of Kaptein Kelaotswe Lebodi by 082 466 8618 te kontak. Alternatiewelik kan die inligting op MySAPS App ingedien word of die SAPD skakel Misdaadstopnommer 08600 10111.