‘n Boer en sy familie in raadop, dit nadat drie mans vir die sewende keer, die afgelope maand op hulle plaas toegeslaan het.
Maroela Media berig dat die mans die boer en sy mense gedreig het dat hulle “weer gaan kom” nadat hulle nie toegang tot die blyplek van permanente plaaswerkers, op plaas in Rooiwal buite Pretoria, kon kry nie.
Hulle het glo ook vroeër die dag die boer se seun en huiswerker aan ‘n stoel vasgebind en twee skote afgevuur. Die huiswerker het genoem dat een van die verdagtes aan haar gesê het dat hy haar nie sal skiet nie, aangesien hy haar ken. Volgens die boer, weier die polisie om enige sake aanhangig te maak, nie eens poging tot diefstal of betreding nie.
Hy voeg by dat hy onrustig voel aangesien die drie mans hulle oor geld en vuurwapens uitgevra het. Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig maar nog geen terugvoer is ten tye van hierdie plasing ontvang nie.