ʼn Boervrou van Aliwal-Noord in die Oos-Kaap, wat daarvan verdink word dat sy glo haar man wou laat doodmaak, het vlugtig in die landdroshof op dié dorp verskyn.

Maroela Media berig luidens ‘n polisie-ondersoek het Anelle de Bruin na bewering reeds ‘n betaling aan die vermeende huurmoordenaar gemaak en sou die uitstaande bedrag ná die moord betaal word.

Sy het glo ook onder meer aangedui hoe lank dit die naburige boere sal neem om op ʼn aanval te reageer.

Verder is daar is na bewering ook ʼn stemopname gemaak waarin De Bruin opdrag gee dat daar ná haar man se moord skote op hul honde en voertuigbande afgevuur moet word, en dat dit as ʼn plaasaanval verdoesel moes word.

Die 46-jarige vrou staan op aanklag van sameswering om moord te pleeg tereg en is vroeër vanjaar op streng voorwaardes ‘n borgtog van R2 000 toegestaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×