‘n Boer van die Bethlehem-distrik in die Vrystaat is gisteroggend deur die polisie in ‘n varkhok gekry.
Die 67-jarige Sakkie Bell se klere was geskeur en sy hande was met draad agter sy rug vasgebind.
Netwerk24 berig hy is erg aangerand en is oor die kop geslaan.
Daar word vermoed dat dit die werk van twee plaasaanvallers is.
Marie du Plessis, Bell se verloofde, het gesê sy is net dankbaar dat hy die aanval oorleef het.
Sy en haar broer, Fanie Pretorius, was in Bethlehem om aankope te doen toe die aanval plaasgevind het.
Die plaas is ongeveer 6km van die dorp af.
Bell word in die Mediclinic Hoogland versorg.
Hy het bloeding op die brein en het ook harsingskudding opgedoen.
Sy skedel is skynbaar gekraak en hy het ‘n skouerbesering.
Sy toestand is stabiel.