‘n Boervrou wat na bewering haar man in ‘n “plaasaanval” wou laat vermoor het glo min wetend ‘n polisie-informant vir die moord gehuur.
Netwerk24 berig die informant is glo opdrag gegee om die 56-jarige Johan de Bruin, asook enigemand wat in die pad sou kom, dood te skiet. Polisievoertuie het die aand, toe die beweerde plaasaanval sou plaas vind, op die plaas toegesak.
Anélle de Bruin is dieselfde aand in hegtenis geneem en het reeds in die Aliwal-Noord landdroshof, op aanklag van sameswering tot moord, verskyn.
Sy moet weer in Maart in die hof wees nadat sy op bortog van R2 000 vrygelaat is.