‘n Roofverdagte word deur die ondersoekafdeling van die Bloemfonteinse Valke vir ernstige georganiseerde misdaad gesoek.

Speurder Jan Basson het aan Rosestad-nuus gesê die 34-jarige Letsika Cosby Mmola het glo saam met ‘n groep verdagtes in November 2022 ‘n onbekende bedrag kontant uit ‘n kontantafleweringswa in Botshabelo geroof.

Hy is in Februarie die volgende jaar op borgtog van R5000 vrygelaat.

Die Vrystaatse hoogeregshof in Bloemfontein het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming gemagtig, nadat hy versuim het om vroeër dié maand in die hof te verskyn.

Volgens Basson is Mmola laas in Gauteng gesien, en hy versoek enigemand met inligting oor waar die verdagte hom tans bevind om die Valke te kontak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×