‘n Brand breek uit in die Fidel Castro-gebou in Bloemfontein

Duisende amptenare van die Vrystaatse regering werk van die huis af, nadat ‘n brand gisteraand op die grondvloer van die Fidel Castro-gebou in Bloemfontein ontstaan het.

Kopung Ralikontsane, direkteur-generaal van die Vrystaatse provinsiale regering, het bevestig dat ‘n foutiewe transformator op die grondvloer, die oorsaak van die brand was.

Die departement van openbare werke, wat vir die instandhouding van die gebou verantwoordelik is, sal ‘n aankondig maak oor hoe lank dit gaan neem om die transformator te herstel.

Braam van Zyl, afdelingshoof van die Mangaung-metro se brandweerdienste, sê geen strukturele skade is aangerig nie.

Die Sand du Plessis-teater is ook nie deur die brand geraak nie.

Luister na potgooie hieronder