AfriForum Wilgehof Buurtwag en AfriForum Brandweer het, in samewerking met Fire Ops, gisteraand vinnig gereageer op ‘n motorvoertuigongeluk waartydens die voertuig, in Walter Sisulu Rylaan, Bloemfontein, aan die brand geslaan het.
Luidens ‘n plasing op Afriforum se sosiale media is die noodroep via whatsapp groepe ontvang en deur middel van AfriForum GVS Beheerkamer is die nodige rolspelers geaktiveer.
Danksy die vinnige reaksie en samewerking tussen AfriForum Brandweer/Fire Ops en Mangaung Brandweer is die brand suksesvol geblus en die toneel beveilig.