Spesiale toestemming vir die invoer van vliegtuigbrandstof van nou tot 20 Oktober volgende jaar is deur die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter verleen.

Dit is om ʼn voorsieningskrisis by OR Tambo en ander lughawens af te weer.

Die besluit kom dae nadat die plaaslike brandstofbedryf kommer uitgespreek het oor ‘n ernstige bedreiging vir die verskaffing van vliegtuigbrandstof aan OR Tambo en ander lughawens wat deur Durban voorsien word.

Regulatoriese vertragings wat verband hou met die inkomstediens se lisensiëring vir brandstofinvoer en -berging is tans ʼn reuse uitdaging.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×