‘n Britse konsortium beplan om ‘n “ World 12’s ”-reeks te finansier

‘n Britse konsortium beplan om ‘n “ World 12’s ”-reeks te finansier deur die wêreld se voorste spelers in spanne van 12 en kragmetings van 30 minute elk teen mekaar te laat meeding.

Diè voorgestelde reeks het egter nog nie steun van die nasionale unie of federasie ontvang nie.

Die organiseerders hoop om die eerste manstoernooi in Augustus 2022 in Engeland aan te bied met die vroue toernooi wat ‘n jaar later sal plaasvind.

Die plan is om 192 van die beste mans- en vrouespelers wat uit 8 franchises sal bestaan en met 24 spelers elk, in te kontrakteer.

Ian Ritchie, voorsitter van die reeks en voormalige grootbaas van die Engelse Rugbyunie, meen die reeks kan dieselfde invloed op rugby hê as wat die Indiese Premierliga op krieket gehad het deur nuwe aanhangers wêreldwyd na diè sport te lok.

Luister na potgooie hieronder