‘n BTW-verhoging, as moontlike “oplossing” vir die befondsing van die voortgesette noodtoelae, wat nog uit Covid-dae dateer, word wyd veroordeel.
Selfs Enoch Godongwana, minister van finansies, sê die beste manier om die dolleë staatskoffers aan te vul, is vir die regering om sy bestedingsrieme fyner te sny.
Die internasionaal-gerekende ekonoom, Dawie Roodt, hoof van die Efficient-groep, het aan Rosestad-nuus gesê enige plan om BTW te verhoog, skiet weens verskeie redes baie ver te kort.
Die stem van Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep.
BTW is in 2018 van 14% tot 15% opgestoot. Dít in die hoop dat die regering se belastinginkomste met ongeveer R50-miljard teenoor die vorige jaar sou styg.
Dit het egter nooit werklikheid geword nie.
Die inkomstestyging vir die daaropvolgende jaar was nagenoeg R26-miljard.