Die Padverkeer-bestuurskorporasie ondersoek die oorsaak van ‘n busongeluk op die N1 buite Louis Trichardt in Limpopo, wat tien lewens geëis het. Die bus was van Zimbabwe na Johannesburg onderweg en het kort voor middernag gisteraand omgeslaan.
SABC-nuus berig verskeie mense is ook beseer en is in hospitale in die Makhado-omgewing opgeneem. Die Departement van Vervoer in Limpopo het aangedui dat die bestuurder vermoedelik teen ‘n hoë spoed oor ‘n verkeersirkel gery het. ‘n Woordvoerder, Phuti Lekganyane, sê die bestuurder is na bewering nog nuut in die werk, en dit is moontlik dat hy nie die omgewing goed geken het nie.