Die Bloemfontein DBV het op ‘n oproep van die eienaar van twee bokke in Botshabelo gereageer, wie se bokke glo deur sy buurman vergiftig is.

Die verdagte het erken dat sy bedoeling was om die duiwe te vergiftig en nie die bokke nie.

Die feit dat sy bedoeling was om diere op daardie manier dood te maak, bly egter ‘n kriminele oortreding.

Terwyl die beskuldigde van dieremishandeling aangekla word, het DBV-inspekteur Tebogo Maswanganye aan Rosestad Nuus verduidelik dat ’n hofsaak sal bepaal wat die beskuldigde se straf sal wees.

Dieremishandeling kan lei tot tronkstraf, ’n boete, gemeenskapsdiens of ’n kombinasie van die drie.

Die inspekteur voeg by dat alle diere met sorg en respek behandel moet word.

error: Inhoud is beskerm !!