‘n Centlec-werknemer sal na verwagtig Maandag vir koperkabeldiefstal in die Bloemfontein landdroshof verskyn.

Dit nadat die werknemer glo ‘n klient wat by Centlec aansoek gedoen het vir ‘n driefasemeter-aansluiting, genader het om aan hom gesteelde kabels te verkoop.

Die man het sy vrou, ‘n lid van die Valke, in kennis gestel en die verdagte is in hegtenis geneem. Hy staan op aanklagte van diefstal en korrupsie tereg. Centlec het die Valke en die Mangaung-gemeenskap bedank vir hulle vinnige reaksie en bydrae tot die bekamping van misdaad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×