‘n Span van 80 omgewingsgesondheidsinspekteurs is na Soweto ontplooi om ondersoek in te stel na chemikalieë wat glo agter ‘n vlaag voedselvergiftigingsvoorvalle in Gauteng sit.
News24 berig volgens die nasionale gesondheidsdepartement se woordvoerder, Foster Mohale, het diegene wat deur die voorvalle geraak is, tot die gevolgtrekking gekom dat voedsel, veral versnapering wat deur spaza-winkels verkoop word, die rede vir die kwale is.
Tot op hede is geen bewyse vasgestel om die sterftes met die kos uit die spaza-winkels te verbind nie.
Professor Pieter Gouws van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Voedselveiligheid het vroeër gesê hoewel dit moontlik is, is dit hoogs onwaarskynlik dat skyfies wat by die winkels gekoop is, die rede vir die kinders se afsterwe is.
1 Comment
Comments are closed.