‘n Boer van Cradock, Wentzel Lombard, wat verlede jaar September skuldig bevind is, is gevonnis .
Die Nxuba-streekhof, het volgens IOL, die 60-jarige boer van Waterval Farm tot 36 maande korrektiewe toesig vir bedrog gevonnis.
Daar word ook van hom vereis om 576 uur gemeenskapsdiens te voltooi. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê benewens hierdie strawwe, is Lombard beveel om binne een jaar vanaf die vonnisoplegging ‘n bedrag van R100 000 aan Albertus Steenkamp te betaal.
Lombard is verlede jaar September skuldig bevind omdat hy na bewering valslik aan Steenkamp voorgegee het dat die 191 koeie wat hy aan hom verkoop het, hoogdragtig was, wat ‘n aansienlike prysverhoging tot gevolg gehad het.