‘n Derde geval van cholera is vroeër die week in Suid-Afrika aangemeld.

Woordvoerder vir die nasionale gesondheidsdepartement, Foster Mohale, het gesê die pasiënt is die eggenoot van een van die twee vroue by wie dié hoogs aansteeklike siekte eerste gediagnoseer is.

Die vroue het simptome begin toon toe hulle einde Januarie van Malawi na Suid-Afrika teruggekeer het.

Dokter Cloete van Vuuren van Bloemfontein, viroloog en een van die wêreld se voorste oordraagbare siekte-kenners, het gesê die situasie word baie fyn dopgehou en mense hoef nie paniekerig te raak nie.

Cholera-uitbrake kom gewoonlik voor waar daar onvoldoende sanitasie of ‘n gebrek aan veilige drinkwater is.

Onberispelike persoonlike higiëne moet deurgaans gehandhaaf word.

Cholera-simptome sluit maagwerkings en ontwatering in.

In sekere gevalle kan dit baie ernstig wees en kan dit ook tot die dood lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×