Altesaam drie mans is vas in verband met die moord by ‘n Westdene-kuierplek in Bloem. Twee van hulle is reeds vroeër deur die polisie vasgetrek, terwyl ‘n derde verdagte gister in boeie geslaan is, waar hy by ‘n gimnasium in die stad geoefen het.

Die inhegtenisnemings volg nadat ‘n 43-jarige man ‘n week gelede digby ‘n kuierplek in 2de Laan vermoor is. Luitenant-kolonel Thabo Covane sê name word weens die sensitiewe aard van die ondersoek weerhou. Al drie mans sal waarskynlik vandag formeel om borgtog aansoek doen in die Bloemfonteinse landdroshof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×