‘n Direkteur en ‘n munisipale bestuurder van Dihlabeng plaaslike munisipaliteit, in die Vrystaat, asook ‘n diensverskaffer is elk R10 000 borgtog in die Bethlehem-landdroshof toegestaan.

Dit nadat hulle net vanoggend in hegtenis geneem is. Die drie staan op aanklagte van bedrog, vervalsing asook op uitlatings en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur,  tereg. Die Valke het inligting van die Vrystaatse premiers kantoor ontvang dat die direkteur en munisipale bestuurder glo ‘n diensverskaffer aangestel het sonder om behoorlike prosesse te volg.

Die diensverskaffer moes glo dieselopwekkers, terwaarde van om en by R7-miljoen, vir die watersuiweringswerke in Saulspoortdam verskaf en installeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×