‘n Dispuut heers oor die ontbinding van rade binne wanfunksionele munisipaliteite in die Vrystaat

Elf wanfunksionele munisipaliteite in die Vrystaat, waaronder die Mangaung-metro, is geidentifiseer.

Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het beklemtoon, dat geen opdrag
ontvang is om die rade te ontbind nie, soos wat blyk uit navraag oor die kabinetsbesluit dat ingegryp moet word by sulke munispaliteite.

Volgens Nxangisa maak dit nie sin om munisipale rade te ontbind, so kort voor ‘n munisipale verkiesing nie.

Leona Kleynhans, Vrystaatse DA-LPW gemoeid met munisipaliteite, het aan Netwerk 24 gese,die DA is gekant teen die ontbinding van rade, want in so ‘n geval word ‘n administrateur vir die munisipalteit aangestel.

In geval van uitstel van die verkiesing, sit inwoners dan sonder enige verteenwoordiger in die raad.

’n Moontlike oplossing is eerder spanne met regrukaksies wat gestuur word, om sake te verbeter.

Luister na potgooie hieronder