‘n Donker, en vir groot gedeeltes van die land, koue naweek wag op Suid-Afrikaners. Eskom het bevestig dat hy fase 2-beurtkrag vir vandag, Saterdag en Sondag, daagliks van vyf tot tien van krag gaan hou. Luidens ‘n verklaring is dit weens die voortgesette tekort aan opwekkingsvermoë. Die vraag na krag is oor naweke laer, maar Eskom gebruik naweke glo om diesel by sy turbines aan te vul en om damme by sy pompskemas vol te laat loop. Eskom het oudergewoonte gesê dat hy die situasie dop sal hou en aanpassings sal maak soos en wanneer nodig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×