‘n Dreigende reuse staatsdiensstaking hang vandeesweek soos ‘n donker wolk oor die land.

Vier van die vakbonde wat stakings beoog sal na verwagting môre hul planne bekend maak.

Denosa, Popcru, Hospersa en Nehawu se loongeskille met die regering het geen vrugte afgewerp nie.

Popcru verteenwoordig lede van die polisie en korrektiewe dienste, terwyl Hospersa, Denosa en Nehawu onder meer werkers in die gesondheidsdienssektor verteenwoordig.

Talle van hierdie werkers lewer noodsaaklike dienste en mag daarom nie staak nie.

Daar word egter verwag dat dié lede gedurende hulle etensure sal betoog, of op ‘n sloerstaking sal gaan.

Die Vereniging van Staatsamptenare gaan na verwagting Donderdag met protesaksie begin en het gesê dit sal tot ‘n volskaalse staking uitkring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×