Aangesien die beheer van lugverkeer ‘n noodsaaklike diens is, sê die vakbond Satawu hy wil ‘n dreigende staking by die ATNS-lugverkeer- en navigasiediens, probeer vermy.

Satawu eis ‘n loonverhoging van 6,5%. Met ATNS wat 4,5% aanbied, is loononderhandelings nou tot stilstand geruk.

Die vakbond sê ATNS se weiering om sy voorstel te aanvaar, is verwarrend. Satawu sê hy het nog twee ander bedingingseenhede binne ATNS. By hierdie eenhede het die vakbond suksesvol beding vir ‘n 6,7% en 6,8% verhoging.

SABC-nuus berig ‘n ATNS-staking sal grootskaalse onwrigting vir die land se lugvaartbedryf beteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×