Stakings op lughawens in Frankryk dreig om die Rugby-wêreldbeker te ontwrig. Volgens Reuters gaan die vakbond wat die land se lugverkeer beheerders verteenwoordig, die SNCTA, op 15 September staak. Dit dreig om die Groep A wedstryd tussen Nieu-Seeland en Namibië in Toulouse te beïnvloed, wat op die 15de gespeel sal word. Die staking kan toeskouers se vlugte na en van Frankryk tydens dié tydperk van die toernooi beïnvloed. Volgens die SNCTA versoek werkers ‘n verhoging in lone omdat die beroep jaar na jaar nie volgens sy waarde geskat word in die lugvaart-bedryf nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×