Die Inligtingsreguleerder (IR) het die saak vandag in die Hooggeregshof in Pretoria verloor oor die publikasie van 2024 se matriekuitslae.
Maroela Media berig dit het gekom nadat regter Ronel Tolmay die saak uit die hof gegooi het.
Die Inligtingsreguleerder het onlangs ’n dringende aansoek ingedien om die departement te stop om die 2024 matriekresultate in koerante te publiseer, met verwysing na kommer oor privaatheid en die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA).
Volgens regter Tolmay is die dringendheid van die saak deur die IR self veroorsaak aangesien hulle 10 maande gehad het om die dringendheid daarvan te versag.
Publikasie van matriekuitslae gaan voort.