‘n Droogtehulp-organisasie verlig ook stedelinge se kos-nood

 ‘n Droogtehulp-organisasie verlig ook stedelinge se kos-nood

Die hulporganisasie, Boere Droogtehulp SA NPC, het onlangs meer as R100 000 se voer vir 47 boere in Calvinia in die Noord-Kaap afgelaai.

Die organisasie het verlede week ook meer as R150 000 se kospakkies aan ‘n kerk en organisasies in Rustenburg in Noordwes geskenk.

Die woordvoerder, Chris van Beljon, sê dié week draai die vragmotorwiele om meer as 300 behoeftiges in Bloemfontein van kos te voorsien.