’n Duikboot wat mense ongeveer 3-duisend-800 meter onder die see se oppervlak na die geskiedkundige Titanic-skeepswrak neem, word sedert eergister vermis.

Maroela Media berig die Boston Coast Guard het aan die media gesê ’n soek-en-reddingsoperasie is aan die kus van Newfoundland in die Atlantiese
Oseaan van stapel gestuur.

Die private maatskappy wat dié ekskursies reël, het gesê hy maak staat op die Starlink-satellietnetwerk om internetverbinding met sy bemanningslede te behou, maar het tans geen kommunikasie met sy duikboot nie.

Gaste betaal sowat R4,5 miljoen vir die agt dae lange duikbootvaart om die wrak te besigtig.

Met haar vertrek, was daar vyf mense in die duikboot.

Die Titanic, ‘n Britse passasiersboot, het in 1912 gesink toe dit ten tyde van haar nooiensvaart, ‘n ysberg getref het.

Meer as 1 500 mense van die geraamde 2 224 passasiers en bemanningslede, het gesterf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×