‘n “Eerlike fout” – Dít is die regering se antwoord vir die blitsige ommeswaai oor sy besluit om Suid-Afrika aan die Internasionale Strafhof, of IF, te onttrek.

Rosestad-nuus het vroeër berig president Cyril Ramaphosa het enkele ure nadat Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, bevestig het dat Suid-Afrika hom aan die IS gaan onttrek, gesê die ANC het fouteer met sy aankondiging hieroor.

Die presidensie het in sy verklaring bygevoeg dat Ramaphosa die aankondiging toe “ongelukkig verkeerdelik” bevestig het.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, het gister ontken dat daar enigsins iets vreemds agter die ommekeer skuil.

Kenners meen egter die rede vir die sogenaamde “fout” is die “benarde administrasie” in die president se kantoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×