‘n Eerste vir Bloemfontein Medici

Geskiedenis is Woensdag gemaak toe ‘n ortopeed van die Bloemfontein MediClinic die eerste dokter van die hospitaalgroep geword het wat in Suid-Afrika ‘n knievervanging met die hulp van ‘n robottoestel uitgevoer het.

Netwerk24 berig dr. Werner van der Merwe, wat spesialiseer in heup- en knievervangings, het Woensdagoggend twee knievervangings met die hulp van die Mako-robot gedoen.

Volgens Van der Merwe sal die tegniek ondermeer die presisie van veral knieoperasies aansienlik bevorder.

Van der Merwe sê hierdie robot, waarvan daar net twee in Suid-Afrika is, is basies die Rolls Royce van knie-robotte.

Hy sê egter daar bestaan ‘n wanindruk met robottoestelle dat dit te duur is en nie in ‘n land soos Suid-Afrika gebruik kan word nie, maar sê egter hulle doen dit op so ‘n manier dat daar nie bykomende koste vir pasiënte is nie.

Luister na potgooie hieronder