Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) het met groot ontsteltenis kennis geneem van ’n beweerde verkragting op die Stellenbosch-kampus.

Die 18-jarige vrouestudent is na bewering Dinsdagaand deur ‘n manlike student in sy koshuiskamer verkrag.

Die student is Woensdag reeds in hegtenis geneem en verskyn na verwagting Donderdag in die hof.

Find-It berig die universiteit het onmiddellik daad by die woord gevoeg wat ondersteuning aan die slagoffer betref, sowel as ten opsigte van die ondersoek en tugproses.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×