’n Egipties-beheerde grensoorgang na Gasa sal na verwagting vandag heropen te midde van diplomatieke pogings om hulp in die Hamas-beheerde strook te kry. Die strook is onder intense Israeliese bomaanvalle sedert die groep se aanval op Israel op 7 Oktober waar meer as eenduisend-300 mense dood is. Reuters berig Israel is steeds besig om die Hamas-beheerde strook te bom. Die Israeliese regering het ook ‘n streng blokkade ingestel en is besig om ‘n grondinval voor te berei. Intussen het president Joe Biden gister op 60 minutes gesê hy glo Hamas moet uitgewis word. Biden het egter bygevoeg ‘n weg moet gevind word om ‘n Palestynse staat te vestig. Dit sal ‘n groot fout van Israel wees om Gaza te beset want Hamas verteenwoordig nie alle Palestynse mense nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×