‘n Ekonoom doen ‘n beroep op die regering om sy ekonomiese herstelplan onmiddellik te implementeer

 ‘n Ekonoom doen ‘n beroep op die regering om sy ekonomiese herstelplan onmiddellik te implementeer

FOTO: Facebook

Die ekonoom, Dawie Roodt, sê die regering moet sy ekonomiese herstelplan so gou moontlik implementeer. Hy sê dit moes eintlik al voor die inperking gebeur het, want die Suid-Afrikaanse ekonomie was toe al reeds in ’n baie swak toestand. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van die jaar skerp gedaal, nádat twee-miljoen mense hulle werk verloor het. Die ekonomiese herstelplan gaan Donderdag by ’n gesamentlike sitting van parlement aangekondig word.

Michiel Combrinck