Die energiekenner, Chris Yelland, is van mening dat Eskom die gebruik van sonkrag probeer ontmoedig deur dit duur en ingewikkeld te maak.
Hy waarsku dat Eskom se nuwe tariewe en vereistes sonkragverbruikers benadeel.
Dit aangesien die verbruikers teen hoë koste na die Homeflex-tarief moet oorskakel én slim meters moet installeer. Sonkragverbruikers betaal glo tot R50 000 vir die oorskakeling na so ‘n meter.
Kliënte wat nie teen 31 Maart registreer nie, kan boetes of afskakeling in die gesig staar.