‘n Boer van Ficksburg in die Oos-Vrystaat is gistermiddag ná ‘n bakleiery vermoedelik deur een van sy buurmanne doodgeskiet.

Volksblad berig die 28-jarige oorledene se naam word weerhou, omdat al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

Die 37-jarige verdagte, wat skynbaar ná die voorval van die misdaadtoneel weggejaag het, word nou deur veiligheidsgroepe, boere in die omgewing en die polisie gesoek.

Die verdagte was volgens inligting in Augustus verlede jaar by ‘n voorval by die Ficksburg-gholfklub betrokke, toe hy na bewering verskeie mense hier aangerand het.

Die hofsaak oor die gholfklub-voorval is nog nie afgehandel nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×