‘n Fietsryer is doodgeskiet tydens ‘n rooftog by Kemptonpark op die Gautengse Oosrand. Die voorval het plaasgevind op die hoek van 9de Weg en die R25 in Bredell. Die polisie in Ekurhuleni sê vyf verdagtes het die slagoffer, sy seun en nog ‘n fietsryer aangeval en van hul fietse beroof. Die slagoffer is in die gestoeiery noodlottig gewond. Die woordvoerder van Ekurhuleni-metropolisie, Marie Mashishi, sê drie mans is in hegtenis geneem en word by die Kemptonpark-polisiestasie aangehou. Twee van die fietse is teruggevind.