‘n Finansiëledienstemaatskappy het bevind dat sowat 43% van die land se kleinsakeondernemings weens die inperkings moes sluit

Die bestuurshoof van Finfind, Darlene Menzies, sê dat sowat 43% van die land se kleinsakeondernemings weens die inperkings moes sluit.
Die ondersoek is oor die vyf maande sedert die begin van die inperkings tot aan die einde van Augustus gedoen.
Menzies sê uit die 1 500 maatskappye wat aan die ondersoek deelgeneem het in die toerisme-, gasvryheids- en vermaaksektore het 4 600 permanente werksgeleenthede verlore gegaan.
Luidens die verslag het 76% tydelike werkers hulle werk verloor en 53% minder stukwerkers is in diens geneem.

Luister na potgooie hieronder