‘n Mediese noodgeval het daartoe gelei dat een van FlySafair se stralers ‘n onbeplande landing by die Bram Fischer Internasionale Lughawe by Bloemfontein moes maak.

‘n Passasier moes ten tyde van Maandag se vlug mediese bystand kry. Die vlugpersoneel is opgelei om noodhulp te verleen, en kon daarin slaag om die passasier in die lug te stabiliseer.

Hulle het egter besef dat verdere mediese behandeling noodsaaklik is. FlySafair is nie by magte om nadere besonderhede oor die toestand van die passasier bekend te maak nie. Die vlug was oorspronklik direk vanaf Kaapstad na Lanseria onderweg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×