President Volodimir Zelenski van Oekraïne het gesê hy het ‘n lang en vrugtevolle foonoproep met China se Xi Jinping gehad.

Dit was skynbaar dié twee leiers se eerste kontak sedert Rusland Oekraïne op 24 Februarie verlede jaar ingeval het.

Zelenski het op die Twitter gesê hy glo die oproep, asook die aanstelling van ‘n Oekraïense ambassadeur in Beijing, sal ‘n kragtige hupstoot aan die ontwikkeling van bilaterale betrekkinge tussen dié twee lande gee.

China se regering het bevestig dat die oproep plaasgevind het, en het bygevoeg dat hy deurlopend ʼn neutrale posisie ten opsigte van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne probeer handhaaf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×