Die omvang van die skade aan die kunswerke op die grondverdieping van Vrystaathuis in Bloemfontein, sal eers na afloop van ‘n forensiese ondersoek bepaal kan word.

Dié historiese gebou is Donderdag gedeeltelik deur ‘n brand verwoes.

Volksblad berig hoewel groot dele van die grondvloer, waar die meeste kunswerke was, gered kon word, is grootskaalse waterskade hier aangerig.

Sello Dithebe, woordvoerder van die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, het gesê die kunswerke is deur rook en water beskadig.

Daar is ‘n volledige inventaris van alle meubels en waardevolle besittings wat in die huis was.

Volgens Dithebe was Vrystaathuis nie verseker nie.

Dit is skynbaar internasionale praktyk om nié staats-eiendom te verseker nie, aangesien die risiko telke male nie die versekeringskoste regverdig nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×