Barbara Creecy, die minister van bosbou, visserye en die omgewing, sê ʼn formele ondersoek word gedoen na die oorsaak van die tragedie waarin 11 vissermanne verlede naweek ter see gesterf het. Die vissersboot wat gesink het, behoort aldus Creecy aan Viking Fishing, wat ‘n fiiliaal van Sea Harvest is.
Sea Harvest sê daar is nog nie genoeg inligting beskikbaar, om te bepaal waarom die boot gesink het nie. Die wrak lê tans sowat 350 meter onder seespiëel, op die seebodem. Creecy sê die ontslape vissermanne se geliefdes besef dat hulle waarskynlik nooit die oorskot van hulle geliefdes sal terugkry nie