‘n Boer van 43 jaar van die Frankfort-distrik in die Vrystaat, Riaan Heine, is deur ‘n spruit meegesleur toe hy sy dogtertjie probeer red het.

Netwerk24 berig hy het saam met sy vrou en twee dogtertjies die dag by die spruit, wat nie ver van hul huis af is nie, deurgebring. Een van die dogtertjies het in die spruit in die moeilikheid beland en haar sussie het hul pa om hulp gaan roep.

Dit wil voorkom of hy die dogtertjie na veiligheid gebring het voordat hy self deur die stroom meegesleur is.

Heine is teen Diinsdagmiddag nog nie gevind nie, en ‘n grootskaalse soektog, waarby die polisie se duikeenheid en gemeenskapslede betrokke is, word voortgesit

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×