Frankryk se Canal+ Groep, wat die afgelope paar jaar ‘n beduidende aandeel in die JSE-genoteerde MultiChoice Group op die ope mark gekoop het, beweeg nou om beheer oor die Suid-Afrikaanse betaaltelevisiegroep oor te neem. Dit, indien Suid-Afrikaanse media-eienaarskapbeperkings dit toelaat.
Tech Central berig Canal+ het vandag gesê daar word verwag om R105 per aandeel vir MultiChoice te bied, of ‘n premie van 40% op die sluitingsprys op 31 Januarie.
Die aangeduide aanbodprys sal MultiChoice op sowat R48 miljard waardeer. MultiChoice is die eienaar van DStv en mede-eienaar van Showmax.