‘n Gedenkdiens vir André Groenwald, een van die uitsaaiwese se groot geeste, word eerskomende Sondag in sy geboortedorp, Gansbaai gehou.

Die bekende omroeper van die SAUK, en ook destyds van Radio Rosestad, was ‘n huishoudelike naam in Bloemfontein.

Sondag se huldeblyk, wat ten doel het om Groenewald se vol lewe te vier, val op die dag wat hy sy 76ste verjaarsdag sou vier.

Bernie Naudé, Rosestad 100.6FM se algemene bestuurder, het gesê Groenewald laat diep en betekenisvolle spore na, en dat hy ‘n inspirasie en mentor vir talle mense in die uitsaaiwese was.

Groenewald het sy pad as omroeper in 1981 begin stap en het saam met bekendes soos Ruda Landman, Fanus Rautenbach en Sarel Myburgh agter die
mikrofoon ingeskuif.

Groenewald is op 3 November aan kanker oorlede.

Hy het die afgelope 14 jaar in Gansbaai gewoon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×