Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat groot dele van die land vandag steeds hittegolftoestande sal ervaar. Aanhoudende hoë temperature word verwag asook donderbuie in verskeie provinsies. ’n Geel Vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms wat plaaslike skade aan eiendom tot gevolg kan hê, is vir die Vrystaat uitgereik en ʼn geel Vlak 2-waarskuwing vir ontwrigtende reën is vir die Overberg-streek van die Wes-Kaap uitgereik. Die reën kan tot plaaslike modderstortings en rotsstortings lei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×