‘n Geliefde akademikus van Bloemfontein sterf

Prof. Klaus von Delft, afgetrede professor van Duitse literatuur aan die Universiteit van die Vrystaat, is Saterdag in die ouderdom van 84, aan nierversaking oorlede.

Prof. Jan von Delft, sy oudste seun, het aan Netwerk 24 gese dat sy pa se bereidheid om onafhanklik te dink, sy integriteit en onbaatsugtigheid ‘n lewenslange inspirasie vir hulle sewe kinders sal bly.

Volgens prof. Nicol Viljoen, emeritus professor in musiek aan die UV, het die begaafde Von Delft ook baie vir die musiekdepartement beteken.

As akademikus het Von Delft ‘n groot rol vir Duits in die land, maar spesifiek ook in die Vrystaat gespeel.

Hy het ook sedert 1963 in talle komitees en ook die UV raad gedien.

Luister na potgooie hieronder