’n Gemiddeld van een kind word elke tien minute in die beleërde Gaza-strook vermoor.
Dit aldus Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Minstens sewe mense is dood, onder wie drie kinders, nadat Israeliese magte vroeg vanoggend ‘n huis oos van Chan Joenis aangeval het.
Netwerk24 berig luidens Al Jazeera is ‘n huis in die dorpie Al-Qarara, noord van Chan Joenis, ook getref. Die suidelike deel van die Gasastrook, insluitend Chan Joenis, is veronderstel om ‘n veiliger deel van die beleërde gebied te wees, omdat mense wat uit die noorde vlug, beveel is om na die suide te gaan.
Minstens die helfte van Gasa se 36 hospitale en twee derdes van sy primêre gesondheidsorgsentrums is deur genadelose aanvalle lamgelê