‘n Gemiddeld van twee mense per week is binne drie maande op plase in Suid-Afrika vermoor.

Statistieke wat vandag deur AfriForum uitgereik is, meld 76 plaasaanvalle tussen April en Junie vanjaar.

24 mense is in dié aanvalle om die lewe gebring.

Hierdie syfer verteenwoordig ‘n 167% toename in vergeleke met die drie maande wat April vooraf gaan.

Die meeste plaasaanvalle is in die Vrystaat en in Gauteng aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×