Binne ‘n paar uur gaan ’n gevangene in Alabama die eerste gevangene in Amerika word wat met stikstof vergas gaan word.

Dit, nadat die Amerikaanse hooggeregshof geweier het om sy teregstelling te staak. Die veroordeelde moordenaar Kenneth Smith sal later vandag tereggestel word nadat sy wettige poging om die metode as ongrondwetlik verklaar te kry, misluk het.

Volgens Sky News het Smith se oorlewing na ‘n mislukte dodelike inspuiting in 2022 gehelp om die staat se doodstrafprosedures te hersien. Die hooggeregshofregters het Smith se versoek om sy teregstelling op te skort, afgekeer – nadat die eerste mislukking hom glo erge trauma veroorsaak het.

Alabama se vergassingmetode is ontwerp om gevangenes van suurstof te ontneem deur ’n masker – wat aan ’n silinder met stikstof gekoppel is – oor hul gesig te plaas.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×